Om kinders besig te hou verg
beplanning. Daarom het ek ‘n
roetine uitgewerk wat ek graag met jou deel.
Ek beskryf die aktiwiteite in meer besonderhede onder die tabel.
My kleinkinders se
ouderdomme wissel tussen 9 jaar, 4 jaar, 2 jaar en 8 maande oud. Ek het dus die maklikste moontlike etes
beplan omdat ek geen idee het hoe besig die baba my gaan hou nie. Ek moes ook doekruilings inpas. Maar… pas
gerus die roetine aan volgens jou en jou kind se behoeftes. Jy kan ook in die aande ‘n aktiwiteit inbring
as dit nodig is.
Kom ons begin die avontuur!!!!
Beweeg met > om Vrydag se aktiwiteite te sien!!!
DAAGLIKSE ROETINE VIR KINDERS - WEEK 1
|
TYD
|
MAANDAG
|
DINSDAG
|
WOENSDAG
|
DONDERDAG
|
VRYDAG
|
8:00
|
Oats en lees Bybelverhaal
SPEELKAMER
|
Mieliepap en lees Bybelverhaal
SPEELKAMER
|
Bokspap en lees Bybel
SPEELKAMER
|
Mieliepap en lees Bybel
SPEELKAMER
|
Oats en lees Bybel
SPEELKAMER
|
8:30
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
8:45
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
9:00
|
Boks plak met prente
SPEELKAMER
|
Maak nuwe speelplek
B0
|
Biblioteek
UITHUISIG
|
Karton motor oprit
SPEELKAMER/BUITE
|
Karton kasteel
SPEELKAMER
|
10:30
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
11h15
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
11h30
|
Middag ete: Rooi worsies + roer eiers
|
Middag ete: Ham, tamatie en kaas toebies
|
Middag ete: Franse brood + druk vormpies
|
Middag ete: Pap en wors
|
Middag ete: Hamburger
|
12h00
|
Middagslapie – kleiner kids
|
Middagslapie – kleiner kids
|
Middagslapie – kleiner kids
|
Middagslapie – kleiner kids
|
Middagslapie – kleiner kids
|
13h35
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
Iets te drinke
|
14h00
|
Verf geskenksakkies mt vingers SPEELKAMER
|
Pluk blomme + pars
BUITE
|
Aktiwiteitsboekies
BUITE
|
Verf mt aartappels
SPEELKAMER/BUITE
|
Sypad bordkryt teken
B0/BUITE/
|
14h45
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
Doeke omruil (kleintjies)
|
15h00
|
Snacks en koeldrank
|
Snacks en koeldrank
|
Snacks en koeldrank
|
Snacks en koeldrank
|
Snacks en koeldrank
|
15h10
|
Pak alle speelgoed weg
|
Pak alle speelgoed weg
|
Pak alle speelgoed weg
|
Pak alle speelgoed weg
|
Pak alle speelgoed weg
|
15h20
|
Gesig was, Maak hare
mooi, ens
|
Gesig was, Maak hare mooi, ens
|
Gesig was, Maak hare mooi, ens
|
Gesig was, Maak hare mooi, ens
|
Gesig was, Maak hare mooi, ens
|
15h40
|
Vat weg
|
Vat weg
|
Vat weg
|
Vat weg
|
Vat weg
|
MAANDAG
BOKS PLAK MET PRENTE Kry
‘n skoenboks of selfs ‘n tamatie kassie by die kafee. Jou kind knip prente uit of verf die boks of
kan selfs ‘n kombinasie van die twee maak.
Alle aandenkings soos klippies, fliekkaartjies of saad wat jul in die veld opgetel het word
hierin gebêre. Alle A4 papiere waarop geverf of geteken is, kan ook hierin
gebêre word. Op die voorlaaste dag van
die vakansie kan hul dan alles uit hul bokse haal en weer elke oomblik beleef!!
VERF GESKENKSAKKIES MET VINGERS. As
jy bruin papiersakkies het, sal dit wonderlik wees. Alternatiewelik kan ‘n wit A4 papier in 2
gevou word. Gom dan 2 van die kante toe
sodat net een oopbly. Hul kan nou
prentjies op dit verf met die vingers, of selfs hul vingerafdrukke op elke
geskenksakkie sit. Hierdie
geskenksakkies kan in die toekoms gebruik word vir pappa en mamma se geskenke! 'n Ander alternatief wat my skoondogter voorgestel het is dat jy 'n rolletjie bruinpapier vir elke kind koop. Hulle verf dan die hele rol op hulle manier en het geskenkpapier om hul geskenkies in toe te draai!!!
DINSDAG
MAAK NUWE SPEELPLEK. Kry ou komberse of lakens. Hulle gooi
die komberse oor die kombuis- eetkamer of stoeptafel en siedaar… ‘n heerlike
nuwe speelplek. Hul kan selfs kussings
indra om daarin te slaap.
PLUK BLOMME EN PARS. Blomme
word selektief uit die tuin gekies. Elke
kind kry dan ‘n lekker dik boek waarin hulle hulle blomme kan bêre om gepars te
word. Die geparsde blomme gaan in een
van die volgende weke gebruik word om ‘n mooi prent mee te maak!!
WOENSDAG
BIBLIOTEEK. Meeste
Biblioteke bied ‘n vakansie program aan.
Skakel net asb vooraf om seker te maak op watter dae dit is. Dit kan gewoonlik die vorm aanneem van ‘n
storie lees en moontlik poppekas. Maak
net seker of die biblioteek naby vakansiedae oop gaan wees. Dit is lekker vir almal om bietjie uit die
huis te kom en jou kinders kan weer bietjie ander maats leer ken!
AKTIWITEITSBOEKIES. Druk vir hulle aktiwiteitsboekies van die internet af en laat hulle deur dit werk. Gaan kyk hier vir aktiwiteitsboekies wat jy kan uitdruk:
DONDERDAG
KARTON MOTOR OPRIT BOU. Neem verskeie leë karton bokse en leë toiletpapier rolletjies. Hulle bou dan die oprit soos in die prentjie bo of onder. Verf na die tyd gaan dit nog mooier laat lyk!
VERF MET
AARTAPPELS. Sny ‘n
aartappel in twee. Sny dan allerhande
vorms op beide kante uit. Druk in die
verf en siedaar – meesterstukke!!
VRYDAG
KARTON KASTEEL BOU
Kry leë
kartonbokse en laat hulle ‘n kasteel vir hulle bou. (Sien prentjie bo) Jy kan help met die uitknip, maar laat hulle
bietjie kop krap oor die uitleg van die kasteel. Hulle kan ook die kasteel helder kleure verf
en dan net begin speel!
TEKEN OP SYPAADJIE MET BORDKRYT
Kies ‘n
veilige plek op die sypaadjie, op ‘n gladde stuk sement of selfs die motorhuis
se vloer. Hulle vlieg dan met bordkryt
in en teken na hartelus!
En… so het jy
en jou kinders die eerste week van die vakansie oorleef!!! Week 2 se beplanning volg binnekort asook 128 vakansie aktiwiteite!!
Wat dink jy sover van die beplanning? Laat weet ons gerus en stuur fotos om ons te inspireer!!