Contact me

Name

Email *

Message *

Wednesday, March 13, 2024

Totsiens vriendin!


Totsiens vriendin. 

 

Ek het vandag besef

Ek het jou verloor.

Jou vriendskap,

Jou meededeelsaamheid,

Jou wysheid.

 

Dit is eintlik my skuld

Want ek het my trauma met jou gedeel

‘n man wat uitfreak

‘n man wat psigose kry

En nooit geweet jy kan dit nie hanteer.

 

Ek het my binneste met jou gedeel vriendin

Want jy het verstaan

En jy het geluister

Maar... dit het jou getraumatiseer,

Jy kon dit nie verwerk.

 

Ek wou nie die tekens raaksien nie

Ek wou nie glo dat ons vriendskap

Tot n einde gaan kom nie.

Maar vandag moes ek

Die wrede werklikheid aanskou!

 

My hart is stukkend in my

My hele lewe is aan flarde geskeur.

Want jy het soveel vir my beteken

Ek het n vriendin gekies (soos my pa raad gegee het)

Wat beter as ek is.

 

Hoe laat ek jou gaan ...

Jy wat so deel van my binnekring geword het?

Hoe sê ek totsiens

Met ‘n hart wat hier binne breek,

Wat skop teen alles wat logies is?

 

Maar... as ek jou liefhet,

Moet ek jou laat gaan,

Kan ek nie toelaat dat my trauma

Jou traumatiseer

En jou lewe versuur nie.

 

Want dan is ek nie waarlik n vriendin nie,

Maar n sadis.

So... ek laat jou gaan ...

Al ween my hart,

Al skeur alles in my uitmekaar.

 

Gaan in die Here se vrede.

Sy liefde wat jou altyd omring.

Wees rustig en mag jy n vriendin kry

Wat jou kan opbou,

Jou kan ondersteun langs die pad.

 

‘n Stuk van my hart word weggeskeur,

My trane vloei soos ‘n rivier oor my wange ...

Want jy was vir my kosbaar -

Meer kosbaar as wat ek ooit

Kon of wou besef.

 

Maar... soms moet jy iemand laat gaan

Omdat dit vir haar beter is om te gaan.

Soms moet jy iemand laat gaan

Sodat hul ‘n beter pad kan stap

Met vrede in hul harte.

 

Ek gaan jou mis vriendin!

Net die Here alleen weet

Hoeveel jy vir my beteken

En beteken het.

Jy was en is onmisbaar in my lewe.

 

Nou is dit net ek en Jesus oor

Maar dit is vir my genoeg!

Dit moet maar net genoeg wees,

Al voel dit nie op hierdie oomblik so nie.

Maar ek weet Hy sal my dra.

 

My lewe gaan leeg wees

Sonder jou laggie,

Jou skerp humor,

Jou vrolike geaardheid

En jou liefde vir die Here.

 

Maar ek gun jou rus en vrede

Weg van my

Sodat jy ook kan herstel

En nie altyd na my trauma moet luister.

Net jouself kan wees.

 

Gaan in Sy vrede,

Sy liefde,

Sy leiding,

Sy krag en energie

En Sy onderrig in jou lewe!

 

Jy is en was kosbaar vir my!

Baie dankie vir al die insette in my lewe

Elke keer wat jy my moed ingepraat het

Geluister en probeer verstaan het

Nou is dit ook klaar.

 

Ek laat jou gaan vriendin

Ter wille van jouself ...

Ter wille van die kosbare mens wat jy is ...

Ter wille van jou gemoedsrus ...

En ter wille van jou vrede.

 

Wees gesëend en gaan in vrede!


Babs Geldenhuys Kopiereg 2024.03.14