Contact me

Name

Email *

Message *

Sunday, October 6, 2019

POSITIEWE VERKLARINGS OOR KLERKSDORP, ORKNEY, STILFONTEIN EN HARTBEESFONTEIN





2019.10.07

Dierbare Vader, Jesus, Heilige Gees

Baie dankie vir ‘'n wonderlike nagrus en dat U oor ons gewaak het!  U is 'n fantastiese God en ek het U baie, baie, baie lief!

Ek kom bely my ONGELOOF oor en in: 

Die KOSH area en omgewing en of mense hier ooit kan verander

WOORD UIT DIE BYBEL VIR DIE PERSOON/PLEK:


  • Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom: en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie Johannes 6:37
  • Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel Ps 31:25


EK VERKLAAR OOR KOSH (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Hartbeesfontein) AREA:


  • KOSH area se mense draai na die Jesus toe

  • Jesus neem elke persoon in die KOSH area aan en vernuwe ons harte

  • Pyle van lig en bloed word na elke huis, elke skuiling, elke mens in die KOSH area gestuur en deurdring hulle liggame, siele, gees, hul hele wese

  • U keer elke mens in die KOSH area se lewe om sodat hulle na U hardloop en weet dat U die enigste lewende God in die heelal is

  • Herlewing breek uit in KOSH area en mense kom tot bekering net daar waar hulle is en gee hulle harte vir die Here en word U dienaars vir ewig

  • Daar is nie meer geweld en misdaad nie, want almal dien U ten volle

  • Die wat U nie wil aanneem nie, vlug uit die KOSH area omdat hulle U Gees nie kan hanteer nie

  • Almal in die KOSH area kry werk en dit gaan voorspoedig met die KOSH area

  • Ons kry fantastiese mense wat die KOSH area bestuur en wat innoverend dink om die KOSH area te laat groei

  • Daar is geen korrupsie en diefstal meer in die munisipaliteite en ander organisasies nie, want mense dien U ten volle

  • Daar is nie meer een sangoma of toordokter in die KOSH area nie, want hulle het of gevlug, of hulle het heeltemal oorgegee aan U

  • Dat die bloed van Jesus oor elke huis en besigheid se deure gesmeer is en dat elke huis en besigheid vir U koninkryk geëis is

  • Dat die Eienaarskap van elke mens in die KOSH area aan U behoort!

  • Die Zama Zamas gee of hulle harte vir U, of hulle vlug uit die KOSH area,  – want hulle hoort nie hier met hul koelbloedige moord geaardhede nie.

  • U versterk elke kind van die Here se hart in die KOSH area sodat ons werklik by U voete sit en smeek vir ons dorpe, ons ekonomie en dat U ons gebede sal hoor en beantwoord

  • Die ekonomie kry 'n hupstoot met iets anders as boerdery, mynwese of casino, sodat ons ekonomie groei meer as in die hele Suid Afrika.

  • Dat ons goeie reën kry en dat die boere uitsonderlik goed doen hierdie jaar

  • Dat ons goeie reën kry en dat U saam met die reën die bloedvergieting, haat en nyd, in die KOSH area sal weg was

  • Dat die “gangsters” vlug voor U Gees en U engele en dat U hulle met U swaard van geregtigheid sal aanval en verjaag

  • Dat die “gangsters” hul lewens aan U sal oorgee en dat hulle sal besef dat hulle verkeerd optree en dat hulle glad nie meer mense sal aanval nie, net omdat hulle nie meer kan nie

  • Dat die “gangsters” se hande sal vasvries in die lug as hul iemand wil doodmaak en dat hulle sal weet dat die Skepper van die hemel, aarde en die kosmos, hulle arms vries en dat hulle niks verder uitgerig gaan kry nie.

  • Dat die Leeu van Juda elke “gangster” sal aanvat en hulle verjaag in alle windrigtings en so ver dat hulle glad nie meer 'n bedreiging in die hele Suid Afrika is nie

  • Dat elke buitelander wat in die KOSH area is en moeilikheid maak, verdryf sal word deur U Gees sodat hulle sal weghardloop en nooit weer sal terugkom nie!

  • Dat U pyle van lig en bloed in elke donker hoekie in die KOSH Area ingestuur word, veral in die harte van mense, en dat U lewens omdraai na U toe

  • Dat U Gees neerreën op die KOSH area sodat mense werklik sal terugdraai na U toe en sal besef dat U die enigste oplossing is vir ons area

  • Dat die Eienaarskap van die hele KOSH area aan U behoort en dat U mense van hul poste sal afhaal wat steel, lieg en bedrieg en in hul plek U kinders sal aanstel wat met 'n rein hart, gemoed en gewete alles volgens U wil sal begin hanteer.

  • Dat Elke knie in die KOSH area voor U sal buig en dat ons elkeen sal commit aan U en aan U Woord

  • Ons nooit moeg sal word van U nie, maar dat U keer op keer vir ons 'n nuwe vervulling met U Heilige Gees sal gee.

  • Dat die KOSH area se werkloosheid na nul sal gaan en dat mense vervul sal word met die begeesterheid om hard te werk en hul alles vir U te gee

  • Dat elke persoon in die KOSH area in hul bediening in die liggaam van Christus sal inbeweeg

  • Dat die KOSH area en al sy mense net aan U behoort en dat U empatie en simpatie met elke persoon sal hê

  • Dat die KOSH area misdaad vry is omdat almal die Here dien met alles in hulle

  • Dat U die mense verwyder wat U nie wil dien nie en hulle versprei oor die uithoeke van die aarde, maar dat U aanhou klop aan hul harte totdat hulle net oorgee aan U

  • Dat alle magte, kragte en owerhede tot nul verklaar word in die KOSH area want hulle behoort nie hier nie

  • Dat slegs Elohim (Vader, Jesus, Heilige Gees) se mag, krag en outoriteit in die KOSH area bestaan en dat alles en almal ondergeskik is aan U

  • Dat U die ramshoring blaas en mense wat U nie wil dien nie, sal vlug en sal wegbly hier

  • Dat U oorneem op soveel gebiede waar die duiwel gesteel het in die KOSH area en dat U alles herstel na hul oorspronklike status toe

  • Dat almal in die KOSH area hul knie voor U sal buig en net sal oorgee aan U!

  • dat U nie 'n enkele persoon onaangeraak sal los in die KOSH area nie, maar dat U almal se harte tot oortuiging sal bring van sonde, ongeregtigheid en verlossing deur die kruisdood van Jesus!

  • Dat U paartjies wat wil skei se huwelike herstel in die Naam van Jesus

  • Dat U mense sal opwek van siekbeddens waaraan hul al jare gekluister is

  • Dat U wonderwerk op wonderwerk sal doen in die KOSH area sodat net U alle lof, eer en aanbidding sal ontvang

  • Dat U pyle van lig en bloed elke donker wolk van ongeregtigheid oor enige dorp in die KOSH gebied sal vernietig en net U wolk van vrede, rustigheid en geregtigheid oor elke dorp in die gebied sal plaas.

  • Dat U oorneem in die KOSH area en dat U hierdie area omring met U engele sodat niks of niemand meer in die KOSH area kan bly of inkom wat nie hier hoort nie.

  • Dat niks of niemand enige persoon in die KOSH area uit U hande kan ruk nie, maar dat die lewe van elke persoon in die KOSH area net aan U behoort!

  • Dat elke persoon in die KOSH area net U lofliedere sal sing en U heerlikheid en lof sal besing

  • Dat U die KOSH area sal seën met goeie mense met goeie harte wat barmhartige Samaritane vir enige persoon in hierdie area sal wees

  • Dat die KOSH area U naby U hart sal lê en dat U nooit van die KOSH area en sy mense sal vergeet nie

  • Dat U Gees nou elke mens, elke huis, elke besigheid sal vul sodat mense op hul knieë voor U sal neersak en hul lewens opnuut aan U sal oorgee

  • Dat net U guns en goedheid oor die KOSH area sal versprei en ook ander dorpe sal aanraak

  • DIE KOSH AREA (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein) BEHOORT AAN U VADER, JESUS, HEILIGE GEES EN NET AAN U ALLEEN!!


Ek vra alles in die Naam, kruis en bloed van Jesus.  Laat U wil ten alle tye
Geskied!

Amen

Ns.  Bid asseblief vir jou dorp of stad ook op hierdie manier!  Kom ons verklaar net positiewe dinge oor elke dorp en stad in Suid Afrika!

Baie seën vir jou!

Babs