Contact me

Name

Email *

Message *

Tuesday, October 15, 2024

11 DAY ROUTE FROM EGYPT TO CANAAN Day 2 - Forgive and let go

 

2024.10.07

Dierbare Vader, Jesus en Heilige Gees

Baie dankie vir n wonderlike nagrus end at U my herinner aan die keuse tussen Egipte of die beloofde land.  Ek is baie, biae, baie lief vir U en wil nooit sonder U wees nie.  Help my asb ook vandag deur hierdie keuse wat ek moet doen – om te vergewe en te laat gaan.  Diep asb alle herinneringe op.

I  Johan W### wat ek Saterdag gesien het – ek vergewe Johan en Sheryl W*** dat hulle die besigheid onder ons uitgesteel het in Rustenburg en dat ons alles a.g.v. dit verloor het.

I  Ek vergewe Johan dat hy hierdie gedagtes gekry het en dat hy dit uitgevoer het.

I  Ek vergewe hom vir elke trauma wat dit vir ons veroorsaak het, die likwidasie, alles wat ons verloor het.

I  Om die waarheid te sê Here, dink ek ons sou dit in elk geval verloor het omdat Johan  te veel spandeer het op te veel goed.

I  Ek vergewe en spreek Johan en Sheryl vry oor wat hulle gedoen het en laat dit gaan

I  Ek haal alle verbittering teenoor enige een van hulle uit my hart , my siel, liggaam, verstand en wese en plaas dit by die voete van Jesus.

I  Neem dit Here, was alles skoon en verwyder dit asb van my so ver as wat die weste van die ooste verwyder is.

I  Gee asb Here dat niks hulle of hulle kinders of nageslagte sal oorkom nie, omdat dit nou vergewe is en omdat U dit so verwyder het dat dit nooit gebeur het nie.

I  Ek vergewe hulle volkome, in die Naam van Jesus, vir die impak wat dit op ons as gesin gehad het en vir elke ding wat dit vir ons veroorsaak het.

I  Plaas Apache

o   Ek vergewe Johan dat hy bly spandeer en spandeer het en dat ons nie die plaas sonder skuld gehad het nie

o   Ek vergewe Johan en Sheryl vir die keuse wat hulle geneem het en wat ons die plaas Apache en alles daarop gekos het.

o   Ek vergewe elke persoon wat dinge teen ons gedoen het, die bank wat die plaas onder ons uitverkoop het, die man wat die plaas gekoop het, elke persoon wat kom bie het op die plaas.

o   Ek vergewe hulle en spreek hulle vry in die Naam van Jesus

o   Ek vergewe Johan en Johan W**, wat ek nog die hele tyd in my brein verwyt omdat ons die plaas Apache verloor het.  Ek was sooo lief vir daardie plaas my Koning!!

o   Ek vergewe die bank wat die huis onder ons uit verkoop het.  Hulle moes hulle geld terugkry.  Ek spreek hulle vry in die Naam van Jesus!

o   Ek laat gaan die plaas Apache en alles daarop wat vir my so kosbaar was.

o   Dankie vir die tyd wat ons die plaas kon gehad het my Koning en vir elke oomblik wat ons op daardie plaas kon gebly het.

o   Plaas Apache, met jou grasdak huis, ek laat jou gaan in die Naam van Jesus.

o   Jy was kosbaar terwyl ons daar kon bly, en ek het jou baie geniet, meer as wat enigeiemand ooit kon weet.

o   Maar... ek het die voorreg gehad om daar te kon bly, om elke kosbare minuut op jou te kon geniet.

o   Baie dankie vir al die liefde wat jy vir ons gegee het, elke pragtige sonsopkoms, helder verligte volmaan aande, mense wat net daar kon sit en jou skoonheid kon geniet

o   Dankie vir elke les wat ek daar geleer het, elke ding wat vir my so kosbaar was.

o   Ek laat jou nou gaan in die Naam van Jesus en spreek jou vry

o   Heilige Gees, haal asb alle gedagtes aan Apache, alles wat my nog bind aan die plaas Apache, nou uit my gedagtes uit asb.

o   Ek laat gaan ook my Perd, Amanda, wat die eerste perd is wat weggery is na die likwidasie in die Naam van Jesus.

o   Eke herinnering aan jou was kosbaar plaas Apache.

o   Elke stukkie werk wat ons daar gedoen het was kosbaar

o   Maar ek moet jou nou laat gaan en my uitstrek na dit wat voor my is

o   Ek laat jou nou gaan in die Naam van Jesus en spreek jou vry van enige dinge wat ek dalk teen jou mag gehou het

o   Ek vergewe elke persoon van die bank, die bieêr, die mense wat jou gekoop het plaas Apache.

o   Ek spreek elke persoon vry in die Naam van Jesus en ek laat plaas Apache nou gaan.

o   Die herinneringe sal bly, maar die gedagte dat jy aan my behoort laat ek nou gaan plaas Apache.

o   Dankie Jesus dat U my hiermee help.

I  Johan Geldenhuys

o   Baie dinge waarvoor ek jou moet vergewe

o   Ek vergewe jou dat jy my destyds gedwing het om na G***** toe te gaan om met hom te gaan praat.

o   Eintlik was dit baie goed en ek is baie dankbaar dat ek dit gedoen het, want dit het my vry gemaak

o   Maar ek vergewe jou vir die manier waarop jy dit gedoen het.

o   Ek vergewe jou vir elke keer wat jy op my afgehardloop het ******t

o   Ek vergewe jou vir elke deur wat jy stukkend geslaan het by die huis

o   Ek vergewe jou vir al die skreeu

o   Vir die feit dat jy nooit saam met my kerk toe wou gaan nie

o   Vir jou rebelsheid wat altyd moeilikheid gemaak het

o   Vir jou mutipersoonlikhede wat my teen die mure uitgedryf het

o   Vir alles wat jy verloor het juis omdat jy so groot gewaag het

o   Vir die sukkel toe ons jonk was

o   Dat jy my bakkie “gepawn” het sodat ons geld kon kry

o   Dat jy my ma se mercedes verkoop het voordat ek nog gereed was om dit te doen

o   Vir elke keer wat jy gedink het ek het n skelm verhouding met iemand aan

o   Vir elke trauma waardeur jy my geneem het in ons getroude lewe

o   Dat jy saam met die meisie van die S*** geslaap het

o   Ek glo jy het ook saam met H*** van die bank geslaap.  Dit is hoekom sy jou so baie gebel het

o   Jy het egbreuk gepleeg en ek het dit eers jare na die tyd agtergekom, maar dit het seergemaak.

o   Tog het ek jou vergewe en aangegaan, maar ek dink die verbittering en seer was nog al die jare in my hart

o   Ek vergewe jou en spreek jou vry van egbreuk wat jy teen my gepleeg het, dalk verskeie kere

o   Ek vergewe jou en spreek jou vry vir elke keer wat jy my getraumatiseer het, hetsy deur op my te skreeu en aggressief te wees, of deur my te beskuldig van goed waaraan ek nie skuldig was nie

o   Ek vergewe jou vir:

§  Elke valse beskuldiging

§  Dat jy geld roekeloos spandeer het

§  Dat jy geld altyd net by jouself wou hê sodat ek niks daarvan kon gebruik nie

§  Elke keer wat jou eie ek oorgeneem en jy my sleg behandel het

§  My pols wat jy seergemaak het in margate toe ons saam met B** hulle met vakansie was

§  Die feit dat jy altyd M# se part bo myne gevat het, dit terwyl sy my so sleg behandel het.

§  Die plot in Ottostraat wat jy verkoop het.  Jy kon ten minste net een van die plotte uitgehou het vir ons om iets op te kon doen.  Dan kon ek nou daar laat bou het

§  Die Ester groep wat ek moes los omdat jy my voor die keuse gestel het:  Ester groep of jy.  Het jy n idee wat jy aan daardie arme vroue gedoen het? Maar... ek vergewe jou en ek spreek jou vry in die Naam van Jesus

§  Elke keer wat jy my gevloek het dat die see my nie kon afwas nie!  Wie dink jy was jy?  Besef jy dat ek n dogter van die Allerhoogste is? Nee, ek glo nie jy besef dit nie, want jou klein siek brein wou dit nie aanvaar nie.

§  Elke keer wat ek moes wag dat jy terugkom, nadat jy uit die huis gejaag het met die kar en wou selfmoord pleeg.  Ek het later maar gaan slaap en net gewag vir die oproep.  Veel later het ek eintlik gewens dat jy dit regkry sodat ek van jou ontslae kon wees.  So ek vergewe myself vir al die verkeerde gedagtes wat ek gehad het oor jou.

§  Jou nalatigheid met geld en dat geld jou afgod was en is

§  Elke keer wat jy my soos n hond behandel het

§  Jou alkohol misbruik wat jou op die einde jou huwelik gekos het

§  Di aanmelding by die N**

§  Die ander aanmeldings wat jy gemaak het dat die ontvanger ook op ons spoor was op n stadium

§  Raai net wat:  ons het dit alles oorleef!!

§  Elke keer wat ek op eiers in my eie huis moes loop

§  Vir jou aggressie wat my lewe so moeilik gemaak het

§  Vir jou onredelike behandeling baie keer

§  Dat ek daar moes sit terwyl jy op my skreeu en dat jy my behandel het of ek n brandsiek hond is

§  Elke keer wat jy die kinders teen my opgemaak het

§  Elke vals beskuldiging wat teen my ingebring is

§  Vir elke keer wat jy jou siek brein en mond op my uitgespoel het

§  Vir elke persoon by wie jy my aangekla het agter my rug

§  Vir elke persoon vir wie jy tien teen een vertel het dat alles wat met ons gebeur het, my skuld is.

§  Vir elke persoon vir wie jy nou vertel dat die egskeiding my fout is.

§  Ek gee nie om nie, want iewers gaan mense jou begin sien soos jy werklik is, en dan is ek nie daar om te blameer nie

§  Omdat ek weereens uit die huis moes vlug met jou aggressie

§  Omdat ek my huis moet verloor en in een slaapkamer woonstel moet bly omdat jy nie meer mooi met ons is nie

§  Omdat ek en my honde by my seun moet bly omdat jy aggressief is, omdat jy dink dat die wereld aan jou behoort en omdat jy werklik nie lekker in jou kop is nie

§  Omdat jy die huis betrek, omdat jy die gastehuis aan die gang wil kry, wat eintlik my idee was, en dat jy geld gaan in wat jy nie met my deel nie

§  Vir elke beskuldiging, elke geskreeu op my, elke keer wat ek moes vlug vir my lewe en by die kinders gaan bly

§  Omdat ek lankal reeds emosioneel my moes toeklap omdat ek nie andersins by jou kon bly nie

§  Vir elke keer wat jy my verneder het voor mense, al het jy dit klaarblyklik nie eers geweet nie

§  Vir elke keer wat jy die skuld op my gepak het vir dinge wat verkeerd loop, en dit was nie eers my skuld nie

§  Vir elke keer wat jy my sleg behandel het, nie soos Christus Sy bruid sou behandel het nie

§  Vir elke ding wat jy verkeerd aan my gedoen het, of ek nou daarvan weet of nie

§  Vir al die hel wat ek moes deurgaan net omdat jou trots te groot en hoog was

§  Vir elke dingetjie wat jy aan my gedoen het toe ons uitgegaan het, toe ons verloof was, toe ons getroud was

o   Ek vergewe jou omdat jy my...

§  Soos n hond behandel het

§  Geen respek vir my gehad het nie

§  Soos ou brood rondgegooi het

§  Misbruik het om al jou vuil werk te doen

§  Kinders teen my opgemaak het op soveel geleenthede

§  Hart gebreek het keer op keer

§  Verskeie kere voor n keuse wou stel – jy of die Here. Gelukkig was ek sterk en was my geloof in die Here my anker, anders sou ek dalk geval het en nooit weer opgestaan het nie

§  Tot breekpunt gedryf het verlede jaar

§  Behandel het asof ek net n bediende in jou huis was, nie jou vrou wat jy moes liefhe soos wat Christus die gemeente gehad het nie

§  Soos drek behandel het

§  Emosioneel aangerand het keer op keer op keer op keer

§  Goed behandel het voor mense sodat hul jou mooi kant kon sien.  Weet jy nie dat ek genoeg verstand gehad het om dit raak te sien nie?

§  Getakel het met woorde, keer op keer op keer op keer

§  Sleg behandel het as jy gesuip het en dat jy op die ou einde drank gekies het as jou metgesel

§  Deur die hemel/hel ondervinding gesit het en my al die jare laat glo het dat dit n werlike ervaring was.  En hoekom het jy dan nie na die Here geluister nie en het jy nou so gesuip dat jy alles en almal om jou verloor het?

§  Baie soos n kind behandel het, n slaaf wat geen seggenskap het nie

§  Baie keer in n stoel laat sit het sodat jy my kon uitskel en ek mag geen woord terugsê nie

§  Hart uit my wese geruk het en my wou afsonder vir jou siek geaardheid.  Gelukkig het die Here nog elke keer vir my n uitweg gegee uit alles uit.  En nou is ek weg vir ewig...

o   Ek vergewe jou omdat...

§  Jy my emosioneel mishandel het

§  My misbruik het

§  My uitgebuit het

§  My soos n hond behandel het

§  Jy alle vriendinne van my weggehou het wat vir my baie kon beteken het.  Gelukkig is S* nie een van daardie vroue wat haar laat afsit deur n man nie!

§  Jy siek is in jou brein, in jou liggaam, in jou verstand, in jou wese

§  Jy die duiwel bo my verkies het – die drankduiwel wat besig is om jou lewe te verwoes.

§  Jy my baie geld laat betaal elke maand sodat ek nie kan doen en koop wat ek wil nie.  En ek moet nog jou solar panele ook afbetaal.

§  Jy my nooit wou toelaat om dinge te doen nie

§  Jy altyd my getreiter het met ander liedjies as ek kitaar speel sodat ek dit op die ou einde gestop het.  Ek neem aan jy was jaloers daarop dat mense na my sang geluister het en nie na jou stem nie.  Ek vergewe jou ook daarvoor.

§  Jy almal van my weggedryf het wat vir my kosbaar was – selfs my ma

§  Jy my erfporsie, die mercedes verkoop het

§  Jy altyd gefokus het op jouself en my nooit as jou waardige eggenoot geag het, wat gelykstaande aan jou was in die Here se oë nie

§  Jy nie kerk toe wou gaan en nie vir ons kinders die weg na Jesus toe wou wys nie

§  Jou siek geaardheid altyd vir my probleme veroorsaak het

§  Jy selfs nou nog kwaad stook by almal en almal jou leuens glo omdat jy hierdie siek leuenaar is.  Ongelukkig ken die Here die waarheid en Sy waarheid maak my vry ten alle tye!!!

§  Jy my altyd in n swak lig wou stel

§  Jy, toe ek ouer geword het, nie meer so met my wou spog nie. Ek was net jou spogperd waarmee jy ander kon vermaak.

§  Jy my hart hard gemaak het met jou lelike geaardheid, met jou siek persoonlikheid wat my ingesluk en my persoonlikheid letterlik weggeneem het. Maar... ek het dit begin terugvind, en ek staan nou sterk in die Here, dalk baie sterker as wat ek ooit gestaan het.  Net omdat Sy genade vir my genoeg is.

o   Ek vergewe jou ...

§  Elke keer wat jy my soos n hond behandel het

§  Wat jy my valslik beskuldig het van dinge wat ek glad nie gedoen het nie

§  Jou slegte maniere

§  Jou ongeskiktheid teenoor my wanneer daar nie mense was nie

§  Vir elke keer wat jy onnodig op my geskreeu het en my wou verneder voor almal

§  Elke dier wat jy mishandel het

§  Dat jy my nooit erkennig gegee het vir elke bok wat ek groot gemaak het nie

§  Dat jy net aangeneem het ek moes die bokke grootmaak

§  Dat jy nooit die moeite gedoen het om n foto van my te neem toe ek bokke grootgemaak het nie.

§  Dat jy elke keer die erkenning van mense gekry het oor hoe goed jy was, terwyl ek soms baie van die dinge gedoen het

§  Omdat jy my sleg behandel het, soos n hond laat voel het, maar dan gemaak het asof niks verkeerd was nie

§  Omdat jy my “gebind” het met jou siek geaardheid en dat ek jou slaaf was.  Sorry.... no longer a slave to man!!! Halleluja!!!

§  Vir elke meisie/vrou wat jy seksueel begeer het

§  Vir elke verkeerde ding wat jy aan my gedoen het, fisies, emosioneel, geestelik en selfs dit wat ek nie van weet nie.

§   

I  Ek vergewe jou geheel en al en spreek jou vry deur die bloed van Jesus.  Die Here verwyder elke ding wat verkeerd gedoen is aan my so ver soos die Ooste verwyder is van die weste.

I  Ek plaas elke ding nou onder die bloed van Jesus om nooit weer daaraan te dink nie

I  In my brein is dit nou asof Johan nooit bestaan het nie, nooit enige impak op my lewe gehad het nie, nooit weer n impak op my lewe sal hê nie

I  Ek was Johan nou, deur die bloed, kruis en spykers van Jesus uit my onderbewussyn, uit my liggaam, siel, gees, verstand, wese en elke plek waar hy mag inwees.

I  Here, U haal U soeklig uit en skyn dit in elke plek waar Johan en sy invloede nog kon wegkruip. U verwyder dit in die Naam van Jesus en maak my vry van enige bindings wat daar kon wees in die Naam van Jesus!

I  Ek is vry, vry, vry!!!

I  Jesus maak my vry!!!

I  Niks of niemand sal ooit weer die plek van Jesus in my hart kan hê nie

I  Ek is skoongewas deur die bloed van Jesus en gereinig deur die vuurdoop van die pad na die beloofde land!!!

I  My Koning stap nou voor my uit en wys vir my die weg aan.

I  Ek lewe omdat Jesus my vrygekoop het deur die bloed van Jesus

I  Ek is vry, waarlik vry deur Jesus se bloed aan die kruis.

I  Daar is nog 9 dae oor van die pad van Egipte na die beloofde land Kanaan, maar ek sien kans vir dit Here want U is aan my kant elke dag van hierdie pad!

I  Ek wil graag by die beloofde land uitkom, die land wat U vir my gekoop het deur U liefde, U genade, die land waar ek kan wees wie U my gemaak het!!!

I  Ek sien uit na hierdie pad Here.

I  Dit mag moeilik wees, maar met U aan my kant is geen pad ooit te rof of te moeilik om te bewandel nie.

I  Hou my voete asb op hierdie pad Here en gee dat ek nie sal wankel op hierdie pad nie.

I   



No comments:

Post a Comment