Contact me

Name

Email *

Message *

Tuesday, October 15, 2024

11 DAY ROUTE FROM EGYPT TO CANAAN Day 1 - Say goodbye to everything you had.

 2024.10.06


                                             https://depositphotos.com/photos/goodbye.html

More Here.

Ek het besluit om die 11 dae pad na die beloofde land te neem.  Ek weet dit gaan nie maklik wees nie, maar hou my styf vas sodat ek net rustig in U alles kan laat gaan wat ek in Egipte gehad het.

Ek laat gaan die volgende vir ewig en altyd:

I  Boekenhoutweg 9, Doringkruin die huis, die erf, elke memory wat ek gehad het

I  Boekenhout 7, Doringkruin, die erf met die swembad op waarop ons so baie memories gehad het- goeie memories

I  Die status wat ek gehad het as vrou van Johan, as sakevrou, as inwoner van n dubbel verdieping huis.

I  Die status wat ek aan myself toegeken het omdat ek die tuin so mooi kon regkry

I  Die status wat ek aan myself toegeken het omdat ek soveel dinge in die huis self kon regkry

I  Alles en al die geld wat ek bo spandeer het om vir my n gastehuis te kan maak om n ekstra inkomste vir my en Johan te verseker.

I  Boekenhoutweg 9 Doringkruin as die enigste huis wat ek ooit geken het in 39 jaar van my getroude lewe.

I  Elke memory wat gebou is in Boekenhoutweg 9:

o   Gras wat ek geplant het met behulp van swartes

o   Elke walletjie wat ek gemaak het sodat die gras teen die skuinste kon begin groei

o   Elke plant en boom wat ek met my eie hande geplant het.

o   Elke verbetering wat ons aangegaan het

o   Die reen wat geval het toe ons bo wou aanbou en al di gemors daarmee saam.

o   Ou Spikes en hoe hy Jacques gered het uit die pad

o   Elke hond wat ons gehad het – insluitende Rusty.

o   Rusty se graf wat nog in Boekenhoutweg 9 is

o   Die uil wat Spikes my geroep het voor en wie se lewe ek vir een aand kon verleng

o   Ons stappies teen die koppies met die kinders, honde en bokke

o   Ons eie plaas wat ons destyds gehad het, wat soooo beatiful was!!!!

o   Elke delicious monster wat ek geplant het

o   Die hael wat alles plat geslaan het en hoe fantasties alles na die hael gelyk het

o   Johan se familie wat vir ons kom kuier het een jaar en hoe die vonke gespat het

o   Hoe ek wou selfmoord pleeg en Johan dit op die ou einde die geweer na homself gedraai het

o   Elke wonderlike nag van liefde maak met die man wat ek geglo het die Here vir my gegee het

o   Elke baklei wat ons gehad het oor die simpelse goed

o   Voelhokke wat gebou is in die erf

o   Elke bokkie wat ek met di hand grootgemaak het sodat ons dit kon verkoop.

o   Elke bokkie wat in my arms gesterf het omdat ek hulle nie kon deurhaal nie

o   Elke hond wat dood is en wat my lewe so vol gemaak het

o   Elke hond wat ons gekry het wat my lewe so gevul het met hul liefde

o   Houthuisies wat ons laat opsit het vir gereedskap, as bediende kamer

o   Die houthuise se vloer wat ons moes oopbreek om hondjies te red toe dit oorspoel het

o   Elke aand en dag wat ons op die boonste verdieping spandeer het as gesin en wat vir ons so volkome fantasties was.

o   Die vernedeing toe ek in die kar moes sit en vir die kinders vertel dat ek gemeenskap voor ons huwelik gehad het met iemand.  En ek het gevoel hulle is heeltemal te klein om dit te verstaan. Maar Johan het aangedring daarop

o   Jacques wat met bakkie teen die skuifdeur vasgery het:  “Bakkie wou nie ry nie!  Bakkie wou nie ry nie.”

o   Johan wat met sy vuis op my afstorm in die huis en net voor my neus stop

o   Johan se aggtressie, deure wat stukkend geslaan is

o   Johan wat wegjaag met een of ander voertuig en ek weet nie of hy ok is nie

o   Die pragtige visdam wat Johan gebou het en wat vir jare vir my so pragtig was.

o   Die vistenk wat Johan gebou het in die winter en waaroor ek so kwaad was

o   Maar... ek het ook die visse geniet.  Ek neem afskeid van die visse

o   Die erf by Boekenhout 7 wat vir my so mooi was!! Ek neem afskeid van elke boom, die visdam wat daar was, die bruggie en die waterval wat vir my so kosbaar was.

o   Die agterste kamer, nou mancave, wat my ontvlugting geword het toe ek besef ht Johan is nie altyd lekker in die kop nie

o   My studeerkamer waar ek kon sit en die voeltjies elke oggend dophou.  Dit was vir my so kosbaar

o   Elke voelbakkie en voeltjies wat kom sing het – tot die pampoenvreter wat vir my soveel plesier gebring het.

o   Elke duif wat bo ingevlieg ht en hoe ek moes sukkel om hul uit te kry

o   Die geelvink wat soveel nessies bou vir al sy wyfies en so mooi pronk vir hul almal

o   Die rooivinke wat in die bamboes hul nessies gemaak het en elke oggend so vrolik gesing het

o   Elke vissie wat in die visdam was en wat gevrek het

o   Elke bokkie wat ek met my eie hande grootgemaak het en die vreugde wat ek ervaar het as hul my aanvaar het

o   Die feit dat niemand ooit n foto van my geneem het waar ek enige bokkies voer nie.

o   My beddings wat ek met soveel liefde geplant het om na te kyk uit my studeer kamer

o   Die studeerkamer wat ek met soveel liefde vir my reggemaak het sodat  ek daar met die Here n pad kon stap

o   Die studeer kamer waar ek die eerste keer 40 days for prayer gedoen het en dit n reuse sukses was omdat die Here daar was.

o   Elke minuut wat ek in die studeerkamer met die Here spandeer het

o   Die trots wat ek gevoel het toe ek en n swarte die studeerkamer so mooi kon regmaak die laaste keer – die nuwe boekrak en hoe mooi ek dit vir myself gemaak het.

o   Die lekkerte van vir die eerste keer my eie plekkie (studeerkamer) kon mooi maak.

o   Die vreugde daarvan toe ek my eerste boek kon klaarskryf – die eiland en hoe fantasties lekker dit was

o   Elke keer wat ek na die boonste verdieping gevlug het om weg te kom van Johan

o   Die fantastiese uitsig wat ek van die boonste stoep gehad het en hoe wonderlik dit vir my was!

o   Die swaeltjies en vlermuise wat in die laat middag en aand kom vlieende miere vang het by die straatlig

o   Elke sonsondergang wat ek van die boonste verdieping en die voordeur af kon waardeer en geniet

o   Die hartseer toe my ma weggery het omdat Johan haar so uitgehaal het en ek getraumatiseerd agtergelaat was

o   Die keer toe ek wou selfmoord pleeg omdat ek ni meer die pressure kon hanteer nie.

o   Maar... ek kon dit nie doen nie, want ek het nie vir my kinders koebaai gesĂȘ nie.

o   Dr Charles Hayward wat so openlik eerlik met my was toe ek selfmoord wou pleeg en wat bereid was om my te kom haal net waar ek is.

o   Elke verbetering wat ons aangebring het

o   Die woede en vernedering dat ek nie die kleur van ons banke in stikamer mag kies nie, maar dat Johan dit elke keer gekies het

o   Eintlik was Boekenhoutweg 9 maar nog altyd Johan se huis, nooit my eie nie

o   Ek sou soveel ander dinge daar wou gedoen het, maar... iewers het my passie doodgegaan om iets in die huis te doen.

o   Elke aanval wat Johan teenoor my geloods het

o   Elke keer wat ek valslik beskuldig is van dinge wat verkeerd was

o   Die karavaan, waarmee ons wildtuin toe was en waarvoor ek so lief was!!

o   Ek laat gaan jou karavaan.

o   Ek het so graag aan jou vasgehou karavaan, want jy was kosbaar vir my – dalk die idee dat ek n huis kon hĂȘ as ek van Johan moes wegvlug??  Wow!! In my onderbewussyn hierdie hele tyd.

o   Die agterste badkamer wat ons badkamer was, maar ook die plek waar ek en Johan wou selfmoord pleeg, waar ons baie gevegte gehad het, waar ek die regte Johan ( nie lekker in kop Johan) leer ken het.

o   Die agterste badkamer waar ek oefeninge gedoen het en soms net gaan bad het om van Johan se geskreeu te ontsnap

o   Die boonste vertrek wat my toevlug geword het, waar ek kon skuil as Johan weer aggressief was

o   Waar ek gewerk het soos n mal mens om alles reg te kry sodat ek n inkomste kan kry later vir my en Johan.

o   Die boonste vertrek waar ek eenkeer in sak en as gesit en bid het en hoe naby dit my aan die Here gebring het.

o   Die stoepie aan die visdam kant van die huis waar ek in barendsnood vir Johan Watson gebid het en vir die eerste keer verstaan het wat dit beteken om iemand van harte te vergewe.

o   Die likidasie veiling, mense wat aangekom het om die huis te koop en hoe dit my van my kop af gehad het

o   Die likwidasie veiling en die paniek wat ek ervaar het om te sien ons gaan dalk alles verloor

o   Elke geskreeu en elke gesukkel met Johan toe ons moes likwideer, hoeveel aande wat ek moes ompraat om hom kalm te kry en net rustig te hou.

o   Elke keer wat Johan in n kar gespring het en homself om die lewe wou bring.  Ek dink nou net daaraan dat dit seker beter sou wees.  Ekskuus Here, vergewe my.  Ek spreek hom vry.

o   Elke plantjie wat ek onder bome geplant het op die erf

o   Die voorste doringboom wat die weerlig dood geslaan het

o   Die kant se doringboom wat omgeval het en daarmee saam die houthuis wat Johan vir die kids gebou het

o   Boekenhout 7 wat vir my so uitsonderlik mooi was

o   Elke kar wat ons gehad en verloor het a.g.v ongeluk, verkoop vir nuwe kar, of baie brekasies

o   Elke bediende wat ons verloor het deur die tyd a.g.v. wat ookal

o   Elke nag wat ek in die bed wakker gelĂȘ het en bekommerd was oor Johan wat nie lekker is nie

o   Die Here wat my geleer het om my emosies deur te werk.

o   Die Here wat my staande gehou het met die Ester groep

o   Elke keer wat ek na Johan moes kyk as hy grand mal epilepsie gehad het, en hoe die Here my sterk gehou het om dit te kan hanteer

o   Elke blom en plant wat dood is a.g.v. peste of iets wat verkeerd geloop het

o   Die vreugde van plante plant en hulle begin groei

o   Sonsopkoms wat ek uit die boonste verdieping kon raaksien

o   Die tjeks wat ons ontvang het van die erwe oorkant wat ek verkoop het en hoe ons kon gaan kos koop – toe ons geen kos gehad het nie

o   Ek wens so ek kon nou daardie tjeks gehad het, want ek sou dit graag wou spaar en goeie dinge met dit doen. 

o   Boekenhoutweg 9, Doringkruin, ek neem afskeid van jou – van die goeie wat daar gebeur het tot die slegte wat daar gebeur het.

o   Ek laat jou gaan

o   Ek het die hoop in my hart gehad dat ek eendag weer na jou kan terugkeer en daar bly, maar daardie hoop beskaam

o   Ek dink die Here het n ander plan met my lewe, en daardie plan sal ek wel eendag agterkom en geniet

o   Ek laat jou gaan Boekenhoutweg 9, met elke meubelstuk, dinge wat nog in laaie is en dinge wat ek dalk nog mag benodig

o   Jy is nou Johannes Daniel Geldenhuys se huis en ek moet dit aanvaar

o   Dit is nie maklik nie, want vir 38 jaar van my lewe was jy my tuiste, al wat ek geken het

o   Maar dit is van my weggeneem, deur my eie besluit, maar eintlik het ek nie n keuse gehad nie – behalwe as ek n doodswens gehad het

o   Dankie Johan Geldenhuys dat jy my lewe so opgefoeter het

o   Dankie dat jy nou met alles sit.  Ek hoop dit maak jou baie gelukkig

o   Ek laat gaan Boekenhoutweg 9 Here, want dit behoort nie meer aan my nie.  Dit behoort nou aan u.

o   Help my deur die sad memories en al die slegte en goeie memories en sny Boekenhoutweg 9 en my lewe daar uit my hele wese

o   Help my om te vergeet dat daar eens in my lewe n Boekenhoutweg 9 was.

o   Help my om te vergeet van dinge wat nog daar is maar dat ek sal aanbeweeg.

o   Ek neem afskeid van Egipte se kospotte, Egipte se man, Egipte se mooi memories. 

o   Ek wil nie stilstaan in Egipte en in die woestyn nie, maar ek wil aanbeweeg na die nuwe beloofde land toe Here

o   Wys my om aan te beweeg

o   Lei my op die regte paaie en gee my die moed om Egipte met my hele hart te kan laat gaan

o   Boekenhoutweg 9, Doringkruin, Klerksdorp.  Ek aanvaar dat ek nooit weer in jou sal bly nie.

o   Ek aanvaar dat jy deel is van my verlede, goed en kwaad

o   Ek aanvaar dat jy nou n nulla bona vir my is en dat ek nie weer my voete daar sal sit nie.

o   Ek laat jou gaan in die Naam van Jesus

o   Ek gee jou oor vir Jesus om te maak met dit net soos wat hy wil

o   Ek neem afskeid van jou – alle goed en kwaad en ek stap aan met my lewe!!!

o   Dankie vir elke mooi en slegte herinnering wat ek daar kon gehad het.

o   Ek stap in Boekenhoutweg 9 in my gedagtes in vir die laaste keer.

o   Sitkamer – soveel hartseer daar beleef, soveel vernederings, soveel mooi in die lewe.  Ek neem afskeid van elke bank, stoel, tafel, tv, gordyne, tafeltjies, alles wat daar is –tot die bloeddruk en suiker monitors, elke skildery wat vir my so kosbaar was. Ek groet ook die buitenste sit stelletjie en alles wat mooi was vir my daar.

o   Vertrek bo – ek neem afskeid van die eetkamer tafel en stoele, die yskassie, die kroegtoonbank, die wasbak, die pooltafel, die vuurherd, die kamer, die bed , gordyne, badkamertjie

o   Stoep bo – ek neem afskeid van elke kosbare herinnering wat ek daar het – elke keer se braai, die stoep wat ek en Innocent geverf het, die ronde stoele wat vir my so kosbaar was, elke mooi herinnering, my bougainvilla wat daar bo is, elke broodboom wat daar bo staan, tot die vinkie se nessies wat so kosbaar was en elke stoel van my ma wat nog daar bo staan, en ook die Spur bank.  Ek laat julle gaan.

o   Eetkamer – ek neem afskeid van my ma se buffet, elke beker, koppie, bord, glas, kerse waarvoor ek so lief was, ek neem afskeid van jou klavier.  Jy is nog iets wat ek baie graag wou gehad het, maar ek het nie plek nie.  Ek neem afskeid van die ossewaens, die swaarde, die gordyne, alles wat nog daar mag wees

o   Viskamer – ek neem afskeid van elke stoel, die  vrieskas, die visse wat so mooi in die tenk swem, elke herinnering wat daar was

o   Kombuis – ek neem afskeid van elke bord, koppie, mes, vurk , lepel, elke pot en pan in die kaste, elke tupperwakkie wat ek gebruik het.  Ek neem afskeid van my gasstofie met di 4 plate, die gasbottel, die stoof wat so n frustrasie was, die yskas wat so klein was maar soveel ding kon stoor.  Ek neem afskeid van elke pot onder die wasbak, goed wat ek nie meer sal sien nie.  Ek neem afskeid van my airfryer, wat ek eintlik handig kon gebruik, die braaipan wat ek aangekoop het, my skottelgoedwasser en wasmasjien.  Ek groet jou vir oulaas wasbak en alles wat onder jou ingesluit is, elke gordyn, elke lappie, elke ding in jou laaie.  Mag jy in vrede rus.

o   Heel agterste badkamer – ek groet alles wat in jou is –elke botteltjie, spieelkassie, ornamente van my ma, die toilet en wasbak en bad. Ek groet elke plastiek houer met goed daarin wat ek nog kon gebruik.  Rus in vrede

o   Heel agterste kamer – ek groet alles wat nog in die kaste is, elke gordyn, elke klein dingetjie wat waarde daar mag hĂȘ. Ek groet elke kas met alles wat in hul gepak is.  Ek groet klere daar, Johan se klere, die sitkamre stel wat daar staan, die tv kas wat jare deel was van ons lewe.  Ek groet die bonsai tafel en alles wat daar is.  Dankie dat alles deel was van my lewe en dat ek julle nou kan laat gaan.  Ek groet ook die afdakkie wat opgesit is by die skuifdeur.

o   My tuin heel agter – ek groet elke bonsai boompie, elke plant wat ek deurdie jare geplant het.  Ek groet elke mooi ding wat met my gebeur het deur die jare.  Ek groet elke mooi plant, struik en bougainville wat vir my so kosbaar was, elke delicious monster, Rusty se graf!!, piesangbome, avokado peer boom, alles, maar alles wat vir my waarde gehad hett.

o   Tuin by die visdam se kant – ek groet elke delicious monster, elke plant wat ek by iemand aders gekry het, my yesterday, today and tomorrow.  Ek goet elke voelbakkie, elke plant wat ek met soveel liefde geplant het.Ek groet elke voeltjie, elke voelbakkie, my black eyed susan, my rankers waaaronder ek kon deurloop en wat vir my soveel vreugde gegee het.  Ek groet elke plant op die stoep wat vir my so kosbaar was – tot my blou reen. Dankie vir die vreugde wat julle vir my in my lewe gegee het.

o   My en Johan se kamer – ek groet elke ding wat in daardie kas gepak is, elke stukkie van my menswees wat ek in daardie kamer gevind en verloor het, ek groet die spieelkas, die bed, die mooi bedkassies en ding bo die bed.  Ek groet elke potjie, elke dingetjie wat in daardie kamer is, die verkyker, alles wat vir my kosbaar was.  Ek groet die televisie, alles in die kamer, ook die spieel teen die muur en die kas. Dankie vir alles.  Ek groet jou ook Johan.

o   My kamer die laaste paar jaar.  Ek groet die gordyne, die kas en alles wat nog daarbinne is.  Ek groet my pa se muurhorlosie, die spieelkassie in my kamer, alles wat agter die deur hang, tot die mes wat ek daar gehou het om myself te beskerm.  Ek groet elke memory, elke herinnering, en alles wat vir my mooi is in die kamer.  Ek groet fotos, Stella se skildery wat sy in elk geval wil terughĂȘ

o   My studeerkamer- Ek groet alles in die studeerkamer- my boekrak met alles wat daarin is, elke storie wat ek geskryf het, my gordyne, my tafetjie teen die muur, my ma se spielkassie, alles wat in die hangkas is en wat vir my waarde het.  Ek groet elke pop wat in my studeerkamer is, elke pop wat so deel was van my lewe en my herinneringe.  Dankie vir alles wat julle vir my gedoen het.  Julle ht my lewe mooi gemaak.  Ek groet die uitsig wat ek uit die studeerkamer gehad het, die twee mooi plante reg voor die venster en alles wat vir my so kosbaar was – elke boom, elke struik, elke mooi herinnering.

o   Garage en bottel garage – ek groet elke mooi herinnering wat julle vir my ingehou het.  Ek groet elke bottel, elke proppie, alles wat in die garage staan – ook die bakkie waarvan ek so baie gehou het en wat al soveel van my goed aangery het.

o   Die tuin voor.  Ek groet elke knoffelblommetjie, elke Kaapse plant, elke boom wat so kosbaar is, elke struik, plant, die fyn varing waarvoor ek so lief is, die broodbome wat so kosbaar is, elke klein plantjie en struikie – ook die plant met di vet bodem waarvan ek so baie hou, ek groet elke plant wat ek geplant het, elke voeltjie wat al daar kom sit het, die uitsig wat ek gehad het oor die koppie van die huis af. 

o   Die sonpanele en inverters – ek neem afskeid van julle in die Naam van Jesus.  Bly in vrede en weet dat Jesus jul daar geplaas het met n doel.  Gaan in vrede.  Ek groet julle en dink nooit weer aan julle nie.

o   Johan Geldenhuys – ek groet jou Johan Geldenhuys met al jou skete en kwale, goeie en slegte eienskappe.  Jy het drank bo my gekies en ek moes kies of ek Jesus se hand los of jou hand.  Ek is jammer:  ek kan nie Jesus se hand los nie.  Ek groet jou vir oulaas Johan.  Mag jy gelukkig wees en mag die Here se vreugde en vrede jou hart vul.  Ek hoop jy is nou gelukkig.  Ek gee die hele Boekenhoutweg 9, Doringkruin, oor aan jou.  Mag jy in vrede daar bly.  Vaarwel Johan.

o   Ek laat nou alles by Boeknhoutweg 9 gaan in die Naam van Jesus alleen.  Boekenhoutweg 9, Doringkruin, ek groet jou nou in die Naam van Jesus en laat jou gaan.  Mag jy in vrede voortleef en mag die Here jou bewaar soos Hy jou wil bewaar.  Baie dankie vir elke memory wat ek daar kon gehad het – sleg of goed.  Dankie vir elke mooi ding wat ek daar kon beleef het.  Dankie dat jy altyd so mooi na my gekyk het en dat ek my kinders daar kon grootmaak, in die beskerming van die Allerhoogste.

o   Ek laat jou nou gaan Boekenhoutweg 9, Doringkruin, in die Naam van Jesus en met Sy genade.  Baie dankie dat ek soveel mooi dinge daar kon beleef.  Ek groet jou nou in die Naam van Jesus en neem finaal afskeid van jou.  Dankie vir alles wat ek daar kon beleef en elke memory wat daar gemaak is.  Dankie dat ek nou die stof van my voete kan afskud en net kan laat gaan!!!  Ek is dankbaar daarvoor.

I  Vader, in die naam van Jesus Christus my Verlosser en Saligmaker, neem ek nou die laaste maal afskeid van Boekenhoutweg 9, Doringkruin, Klerksdorp en van Johannes Daniel Geldenhuys.  Ek gee dit oor aan U om te gebruik soos U goeddink.  Laat U vrede en rustigheid neersak oor Boekenhoutweg 9, Doringkruin en oor Johan Geldenhuys.  Ek laat gaan Here en ek rus net lekker in U!!  U is my Alles!!!  Ek gee heeltemal oor en ek groet finaal Here.  Alles is nou in U hande.  Dankie dat U my hierdie pad laat stap het Here.  Ek waardeer dit opreg!!

Boekenhout weg 9, Doringkruin, Klerksdorp ek laat jou gaan in die Naam van die Vader, van Jesus Christus Sy Seun en die Heilige Gees!!!!

 

 

No comments:

Post a Comment