“Wie skreeu so?’ vra Dawid toe hy aangestap
kom na sy broers toe.
“Ag wat weet jy man? Hoekom pas jy nie die
skape op nie?” vra een van Dawid se broers.
Dawid stap na ander mense toe. “Wie skreeu so?” vra hy vir hulle.
“Dit is die reus Goliat. Hy wil hê een van ons moet teen hom gaan
baklei. Maar hoe kan ons? Hy is so groot.
“Ek sal teen hom gaan baklei”, sê Dawid vir
Saul.
“Ha-ha-ha” lag al die mense om Dawid. “So jong man en hy sien kans om teen n reus
te gaan baklei. Ha-ha-ha!”
Dawid draai na Saul toe. “Wanneer ‘n leeu
een van my skape gryp, gaan ek agter dit aan, maak dit dood en red my skaap uit
sy bek. Ek het leeus en bere doodgemaak.
Hierdie Goliat sal soos een van hulle wees, want hy spot die weermag van
die lewende God. Die Here, wat my gered
het van die pote van die leeu en die beer, sal my red uit die hand van hierdie
reus.”
Sal jy teen Goliat gaan baklei maatjie?
“Gaan, sê Saulus. Mag die Here by jou
wees.”
Hulle probeer eers Saulus se weermag klere
vir Dawid aantrek, maar Dawid kan nie eens in dit beweeg nie. Dawid trek dit
uit en vat sy staf in sy hand. Hy kies
vir hom 5 ronde, gladde klippies uit die stroom, en sit dit in die sak wat om
sy lyf hang.
“Here, U is met my. U is al Een wat my nou
kan help. Help my om hierdie reus te
oorwin wat so met U land se weermag spot.
Gee vir my die moed, krag en sterkte Here.”
Met
sy slingervel beweeg hy na die reus toe.
“Is ek n hond dat jy na my toe kom met stokke,”
skreeu die reus en vloek vir Dawid.
Dawid kyk op, op,op en op na die reus. Vir
n oomblik sluk hy en sy oë rek groot vir die lengte van die reus. Dit voel vir
hom hy moet omdraai en weghardloop. Toe hoor hy hoe Goliat hom en sy God vloek.
Dit gee Dawid nuwe moed.
“Jy kom teen my met n swaard en ‘ n spies,
maar ek kom teen jou in die Naam van die Here God Almagtig. Die Here gaan jou op hierdie dag in my hande
oorgee en ek sal jou doodmaak. Die Here gaan julle almal in ons hande oorgee.
“Ho-ho-ho-ho,” lag die reus en begin nader
aan Dawid beweeg.
“Here, U is in beheer,” roep Dawid en
hardloop na die reus toe.
Hy stop, steek sy hand in sy sak en neem n
gladde klippie.
Hy sit dit in sy slingervel.
Sjoesh, sjoesh, sjoesh swaai hy die
slingervel bo sy kop en laat dit los.
Die klippie trek al hoe hoër en hoër en
hoër.
Kabam! tref dit Goliat reg teen sy voorkop
en die klip sink in sy voorkop in.
Kadoef!, slaan Goliat morsdood op die grond
neer.
“Jippie!’ skreeu die soldate. “Dawid het
gewen!! Die reus is dood! Die Here het Dawid gehelp om die reus dood te maak!
Hiep-hiep hoera!”
Onthou maatjie: Jesus sal jou altyd help
wanneer jy bang en alleen voel. Hy is
jou enigste en beste Vriend in die hele wêreld!
2024.10.28
No comments:
Post a Comment