Contact me

Name

Email *

Message *

Thursday, March 8, 2018

Neem U asseblief die Eienaarskap van Suid Afrika!!

Dierbare Vader, Jesus en Heilige Gees

Ek kom gee vandag die volle Eienaarskap van Suid Afrika en elke persoon in Suid Afrika oor in U hande.  Te lank probeer ek my  eie plannetjies maak en laat my ontstel deur dit wat ek sien.  Ek bely en erken vandag dat ek my laat intimideer en bangmaak het deur dinge wat my oë gesien het, en dat ek in die proses vergeet het hoe GROOT U werklik is.  Vergewe my asb daarvoor, en laat my net weer U grootheid raaksien elke dag!!

Neem asb nou die volle Eienaarskap van Suid Afrika, elke persoon in Suid Afrika en ook ons kabinet oor. Word  U asseblief ons Krag, Sterkte en Energie in hierdie land!!!  Dankie dat U nou oorneem en dat ons in verwondering sal staan voor dit wat U kan vermag as U kinders net die Eienaarskap oorgee aan U!!  Alle lof, eer en aanbidding kom U toe!  Ek vra dit in die kosbare Naam van Jesus! 

Amen

No comments:

Post a Comment