Contact me

Name

Email *

Message *

Friday, December 1, 2017

DAAGLIKSE VAKANSIE ROETINE VIR WEEK 1


Om kinders besig te hou verg beplanning.  Daarom het ek ‘n roetine uitgewerk wat ek graag met jou deel.  Ek beskryf die aktiwiteite in meer besonderhede onder die tabel.

My kleinkinders se ouderdomme wissel tussen 9 jaar, 4 jaar, 2 jaar en 8 maande oud.  Ek het dus die maklikste moontlike etes beplan omdat ek geen idee het hoe besig die baba my gaan hou nie.  Ek moes ook doekruilings inpas. Maar… pas gerus die roetine aan volgens jou en jou kind se behoeftes.  Jy kan ook in die aande ‘n aktiwiteit inbring as dit nodig is.

Kom ons begin die avontuur!!!!

  





Beweeg met > om Vrydag se aktiwiteite te sien!!!

DAAGLIKSE ROETINE VIR KINDERS - WEEK 1
TYD
MAANDAG 
DINSDAG
WOENSDAG
DONDERDAG
VRYDAG
8:00
Oats en lees Bybelverhaal
SPEELKAMER
Mieliepap  en lees Bybelverhaal
SPEELKAMER
Bokspap en lees Bybel
SPEELKAMER
Mieliepap en lees Bybel
SPEELKAMER
Oats en lees Bybel
SPEELKAMER
8:30
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
8:45
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
9:00
Boks plak met prente
SPEELKAMER
Maak nuwe speelplek
B0
Biblioteek
UITHUISIG
Karton motor oprit
SPEELKAMER/BUITE
Karton kasteel
SPEELKAMER
10:30
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
11h15
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
11h30
Middag ete: Rooi worsies + roer eiers
Middag ete: Ham, tamatie en kaas toebies
Middag ete: Franse brood + druk vormpies
Middag ete: Pap en wors
Middag ete: Hamburger
12h00
Middagslapie – kleiner kids
Middagslapie – kleiner kids
Middagslapie – kleiner kids
Middagslapie – kleiner kids
Middagslapie – kleiner kids
13h35
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
Iets te drinke
14h00
Verf geskenksakkies mt vingers  SPEELKAMER
Pluk blomme + pars
BUITE
Aktiwiteitsboekies
BUITE
Verf mt aartappels
SPEELKAMER/BUITE
Sypad bordkryt teken
B0/BUITE/
14h45
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
Doeke omruil (kleintjies)
15h00
Snacks en koeldrank
Snacks en koeldrank
Snacks en koeldrank
Snacks en koeldrank
Snacks en koeldrank
15h10
Pak alle speelgoed weg
Pak alle speelgoed weg
Pak alle speelgoed weg
Pak alle speelgoed weg
Pak alle speelgoed weg
15h20
Gesig was, Maak hare
mooi, ens
Gesig was, Maak hare mooi, ens
Gesig was, Maak hare mooi, ens
Gesig was, Maak hare mooi, ens
Gesig was, Maak hare mooi, ens
15h40
Vat weg
Vat weg
Vat weg
Vat weg
Vat weg

MAANDAG

BOKS PLAK MET PRENTE  Kry ‘n skoenboks of selfs ‘n tamatie kassie by die kafee.  Jou kind knip prente uit of verf die boks of kan selfs ‘n kombinasie van die twee maak.  Alle aandenkings soos klippies, fliekkaartjies of  saad wat jul in die veld opgetel het word hierin gebêre.  Alle A4 papiere waarop geverf of geteken is, kan ook hierin gebêre word.  Op die voorlaaste dag van die vakansie kan hul dan alles uit hul bokse haal en weer elke oomblik beleef!!

VERF GESKENKSAKKIES MET VINGERS.  As jy bruin papiersakkies het, sal dit wonderlik wees.  Alternatiewelik kan ‘n wit A4 papier in 2 gevou word.  Gom dan 2 van die kante toe sodat net een oopbly.  Hul kan nou prentjies op dit verf met die vingers, of selfs hul vingerafdrukke op elke geskenksakkie sit.  Hierdie geskenksakkies kan in die toekoms gebruik word vir pappa en mamma se geskenke!  'n Ander alternatief wat my skoondogter voorgestel het is dat jy 'n rolletjie bruinpapier vir elke kind koop.  Hulle verf dan die hele rol op hulle manier en het geskenkpapier om hul geskenkies in toe te draai!!!

DINSDAG

MAAK NUWE SPEELPLEK.  Kry ou komberse of lakens.  Hulle gooi die komberse oor die kombuis- eetkamer of stoeptafel en siedaar… ‘n heerlike nuwe speelplek.  Hul kan selfs kussings indra om daarin te slaap.

PLUK BLOMME EN PARS.  Blomme word selektief uit die tuin gekies.  Elke kind kry dan ‘n lekker dik boek waarin hulle hulle blomme kan bêre om gepars te word.  Die geparsde blomme gaan in een van die volgende weke gebruik word om ‘n mooi prent mee te maak!!

WOENSDAG

BIBLIOTEEK.  Meeste Biblioteke bied ‘n vakansie program aan.  Skakel net asb vooraf om seker te maak op watter dae dit is.  Dit kan gewoonlik die vorm aanneem van ‘n storie lees en moontlik poppekas.  Maak net seker of die biblioteek naby vakansiedae oop gaan wees.  Dit is lekker vir almal om bietjie uit die huis te kom en jou kinders kan weer bietjie ander maats leer ken!

AKTIWITEITSBOEKIES. Druk vir hulle aktiwiteitsboekies van die internet af en laat hulle deur dit werk.  Gaan kyk hier vir aktiwiteitsboekies wat jy kan  uitdruk:  


DONDERDAG

KARTON MOTOR OPRIT BOU.  Neem verskeie leë karton bokse en leë toiletpapier rolletjies.  Hulle bou dan die oprit soos in die prentjie bo of onder.  Verf na die tyd gaan dit nog mooier laat lyk!





VERF MET AARTAPPELS.  Sny ‘n aartappel in twee.  Sny dan allerhande vorms op beide kante uit.  Druk in die verf en siedaar – meesterstukke!!

VRYDAG


KARTON KASTEEL BOU
Kry leë kartonbokse en laat hulle ‘n kasteel vir hulle bou. (Sien prentjie bo)  Jy kan help met die uitknip, maar laat hulle bietjie kop krap oor die uitleg van die kasteel.  Hulle kan ook die kasteel helder kleure verf en dan net begin speel!

TEKEN OP SYPAADJIE MET BORDKRYT

Kies ‘n veilige plek op die sypaadjie, op ‘n gladde stuk sement of selfs die motorhuis se vloer.  Hulle vlieg dan met bordkryt in en teken na hartelus!

En… so het jy en jou kinders die eerste week van die vakansie oorleef!!!  Week 2 se beplanning volg binnekort asook 128 vakansie aktiwiteite!!

Wat dink jy sover van die beplanning?  Laat weet ons gerus en stuur fotos om ons te inspireer!!

No comments:

Post a Comment